Ek hou van handwerk omdat dit jou verbeelding verbeter en jou meer kreatief te maak. Die beste ding omtrent handwerk is dat kinders sal in staat wees om verskillende teksture te verken en verskillende maniere van die skep van iets te ervaar. Daar is 'n vonkel in kinders se oë wanneer hulle betrokke raak in handwerk en dit warm my hart.
Monday, 2 September 2013
Leer deur kreatiwiteit en pret
Kuns gaan nie net oor iets wat goed lyk nie. Wanneer leerders iets soos 'n kleurvolle kunsstuk, of multi-figuur handwerkstuk skep, leer hulle baie waardevolle lesse. Waneer leerders in die skilderye en tekeninge deel neem, kry hulle die kans om verskillende teksture te ervaar; grof en glad, nat en droog, dik en dun. Leerders kan selfs eksperimenteer deur uit te vind wat gebeur onder sekere omstandighede soos die meng van verskillende kleure om 'n nuwe kleur te skep of water by te voeg om 'n kleur ligter te maak.
As leerders in handwerk deel neem, het hulle die kans om oor die wette van swaartekrag, sien hoe iets balanseer en nie om val nie. Hulle het die geleentheid om te leer oor simmetrie en meetkunde.
Soos jy in hierdie foto kan sien, leerders is in staat om driedimensionele reghoekige vorms te maak in mense wat regop staan. Hulle het die geleentheid om te kies of hulle graag 'n seuntjie of 'n meisie wil skep. Hulle kan ook kies of hulle 'n spat van reënboog kleure, sprankelende glitter, of mode style van klere te voeg. Met kuns en handwerk is daar geen einde in kreatiwiteit, pret en leer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
As toekomstige onderwysers, moet ons in ag neem al wat kuns vir ons leerders kan baat by.
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
ReplyDelete1. Waneer - Wanneer
2. in die skilderye - aan skilderwerk
3. deel neem - deelneem
4. wette van swaartekrag - wette van swaartekrag te leer
5. omval - een woord
6. leerders is in staat - is leerders in staat
7. glitter - blinkertjies
8. te voeg - wil byvoeg
9. en leer. - en leer nie.