Sunday, 29 September 2013

My Refleksie

Hierdie 'Afrikaanse blog’ taak was vir my 'n groot uitdaging omdat ek vir die afgelope drie jaar nie nodig gehad het om in Afrikaans te komunikeer nie. Die laaste keer wat ek Afrikaans gedoen het, was gedurende matriek in 2009, selfs dan het ek daarmee gesukkel. Ek ken nie baie mense wat Afrikaans praat nie daarom is ek nie regtig blootgestel aan die taal nie. Ek is onseker oor hoe om eenvoudige sinne te bou en ek ken nie baie Afrikaanse woorde nie.

Ek is baie bly dat my pa in staat was om my te help. Hy ken Afrikaans, daarom kon ek hom raadpleeg terwyl ek my beste probeer het om die taal te verstaan. My pa kon in Afrikaans by die huis praat, maar as gevolg van my swak Afrikaans vaardighede, sou dit frustrerend wees om te kommunikeer. Ek erken dat ek nodig het om aan 'n beter grondslag vir die Afrikaanse taal te werk. Ek het al dikwels vir myself gesê dat ek net nie goed met tale is nie. Nou op hierdie stadium van my lewe wil ek daarna streef om die taal beter te leer ken, sodat ek 'n beter onderwyseres kan wees wanneer ek Afrikaans aan jong leerders onderrig.

As ‘n begin, dit kan nuttig vir my wees om programme soos sewe de laan te kyk.

1 comment:

  1. Vir iemand wat vir drie jaar glad nie Afrikaans gepraat het nie, doen jy baie goed! Praat maar so nou en dan Afrikaans met jou pa ;-) Dankie vir al jou moeite. Vanuit jou inskrywings kan ek sien dat jy eendag baie goed sal vaar in die onderwys.

    ReplyDelete